You are here: Home
 
 

75 YEARS OF EXCELLENCE  

75 JAAR VAN UITNEMENDHEID


PRINCIPAL'S MESSAGE


“Hermanus High School Magic”

Aan die begin van die kwartaal, het ek baie klem gelê op die feit dat elkeen van ons leerders betrokke moet raak. Ek moedig hulle nie net aan om betrokke te raak omdat dit van groot waarde vir die skool is nie, maar ook omdat dit van onskatbare waarde vir hulle eie lewe kan wees. Ek wil net weer beklemtoon dat die leerders hier baie geleenthede kry om betrokke te raak en ons wil hulle aanmoedig om hierdie geleenthede aan te gryp.

Two weeks ago I spoke about something I call the “Hermanus High School Magic”, and encouraged everyone to get involved in this school and contribute towards its success so that they too can experience this so called “magic”.

Ek wil praat oor wat ek die “Hermanus High School Magic” noem. Ek wil daaroor praat omdat dit ‘n uitdrukking is wat ek in my eie kop het en wil net graag verduidelik wat ek daarmee bedoel. Om die waarheid te sê, moet ek dit eerder ‘n GEVOEL noem. Die eerste keer toe ek die gevoel òf emosie ervaar het, was na die 2015 Interskole. Dit was die eerste keer toe ek met dié uitdrukking vorendag gekom het.

For me “Hermanus High School Magic” is not something you can put your finger on. It is no single event. It is no stand out moment. It is a culmination of a number of things coming together. A combination of STAFF and PUPILS, PARENTS and PAST PUPILS. A combination of a SCHOOL and a COMMUNITY. I think if I had to summarise it, I would say it is a combination of PEOPLE and PRIDE. For me “Hermanus High School Magic” is the sense of belonging to a diverse group of people who come together in a unique way, in a unique environment for a common purpose. Perhaps it is simply a sense of belonging to something very special.

Ons kan hierdie “Hermanus High School Magic” van tyd tot tyd deur die jaar voel. Daar is byeekomste waartydens hierdie gevoel, die trots - sommer sterk na vore kom. Maar, daar is egter geen ander byeenkoms waar ons dit so kragtig ervaar soos tydens die Interskole nie. Dit is die rede waarom ek ons leerders aanmoedig om betrokke te raak: nie net om hulle deel te doen nie, maar ook om hierdie gevoel persoonlik te ervaar.

 

The longer I am at this school I am constantly reminded that this “Hermanus High School Magic” which I have experienced, and continue to experience, Hermanus High School does not have to remain simply a good school - it should continue to be our vision to be a great school! The best school! And with this “Hermanus High School Magic” there is no reason why this cannot be achieved. With the current STAFF this school has, the PRIDE with which so many of our learners continue to represent our school and the support the school receives from CURRENT and PAST PARENTS, PAST PUPILS and the

Om deel te kan wees van hierdie skool, sy mense en alles waarvoor ons skool staan – laat my steeds nederig voel. Dit gaan nie net oor die trots wat ons ervaar as ons wedstryde wen, ‘n wonderlike produksie op die planke bring of ons uitstekende akademiese rekord nie. Die Hoërskool Hermanus is ‘n unieke en baie spesiale plek met sy eie kultuur en tradisies. As enigiemand betrokke raak, sal hulle oë oopgaan en hulle sal besef dat hulle nie na uitnemendheid op ‘n ander plek hoef te gaan soek nie en dat hulle deel is van ‘n ongelooflike ervaring.

We have so much to feel good about and there is so much to be PROUD of. I really do hope that every single pupil in this school is giving themselves the opportunity to experience this “magic”! If they are not, they are missing out on what it really means to be part of this wonderful school!



Mr. GJ Hassenkamp

Principal / Skoolhoof

Hermanus High School / Hoërskool Hermanus

(028) 312 3760


Hermanus High School Motto

"Horas signo tempus fugit" - Hours signify (that) time flies.