If you have any news appropriate for this page, please contact us

5 At Langebaan 2007


Matirek Reunie 1958
Oudleerders presteer
'n Groot eer het Elsanne de Jager van Kleinmond, Gr 12 in 2007, te beurt geval.
Sy is 'n B.ChD tandheelkunde student aan die UWK. Sy is deur die Universiteit vir die Goldman Sachs Global Leader-toekenning benoem nadat sy in 2008 die tweede plek op die dekaan se merietelys behaal het. Sy het 'n eenmalige bedrag van $3000 (R24 000) in Johannesburg ontvang.
Baie geluk, Elsanne! Ons is trots op dié besondere prestasie.
Ons is baie trots op die volgende oud-leerlinge:
Wilmarie Bothma, matrikulant van 2008, wat opgeneem is in die Junior Maties (top 10 eerstejaarspeelsters) en Boland 0/19 netbalspanne! Wilmarie word ook later die jaar opgetrek na die Maties se Eerstespan. Sy word ook vanjaar in die O/19 SA-oefengroep opgeneem.
Marnel van der Merwe (2003) is in die WP A-span opgeneem.
Leandri de Azevedo (2008) het by die SA-toernooi in Boksburg haar C+ gradering gekry - dit is 'n besondere prestasie vir so 'n jong skeidsregter en ons verwag nog groot dinge van haar.
Zsa-Zsa Temmers (2002) was deel van die Bolandspan wat 'n silwermedalje op die Suid-Afrikaanse Toernooi verower het.
Duane Spandiel (COlgate) Matriek 1997
is tans werksaam in Hermanus by De Klerk, Maclennan-Smith, nadat hy sy LLB graad behaal het.

Oud leerling van Hermanus presteer Internasionaal
Albert Horne,'n oud-leerder van Hermanus Hoêrskool, is onlangs 'n volledige
studiebeurs aangebied om aan die bekende Guildhall-skool
vir Musiek en Drama in Londen
vir sy Meestersgraad in musiek te studeer. Horne sal spesialiseer in repetiteur-studies, en sal
intensief as repetisiepianis in hul operadepartement werksaam wees. Hy is na oudisies gekies
uit honderde aansoekers wêreldwyd. Albert was heeltyds in diens van Kaapstad Opera voordat hy na Londen verhuis het. Ons as skool os baie trots op Albert en wens hom alles van die beste toe
1936 Matrics P.Joubert, L.Joubert
1956 Matrics

Matriculated 50 Years ago

1957 Matrieks

1977 Matrieks

Alumni 

