Kleure-atletiek 2011
'n Pragtige warm Somersdag is gekomplementeer deur puik atletiek en goeie gees van die leerderrs op die pawiljoen. Die ligte Suidooster het darem welkome verligting vir die hitte gebring. Die algehele wenners van die atletiek was die Witspan met 808 punte, gevolg deur die Groenspan met 779 punte en die Blouspan in die derde plek met 771 punte. Die Witspan was ook die wenners van die Optog-en Geestrofee

Die Individuele wenners was as volg:
Junior Victor Ludorum - Andy Diergaardt
Junior Victrix Ludorum - Nelrine Beyers
Senior Victor Ludorum - De Wet van Niekerk
Senior Victrix Ludorum - Gabby Fisher

(Nelrine Beyers in aksie)
Beste prestasies volgens die ASA-tabel:
Nelrine Beyers - D15 HS 1,45m
Harold Raynard - S15 HS 1,67m
Ses nuwe rekords is verbeter:
Kayla Jordaan - D17 Diskus 27,64m
De Wet van Niekerk - S17 SG 50,25m & 110m H 16,20s
Harold Raynard - S15 HS 1,67m
Francis Martens - D19 200m 27,9s (ou rekord staan vir 32 jaar)
Witspan : aflos S15 4 x 100m 49,84s

(De Wet van Niekerk wen die S19 100m)

(Melisha Theron - eerste in D14 - 110m H)
Sport 
